Friday 24 June 2016

Mathew Smorenburg

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, het Vrydag gesê die bestuur betreur die trauma wat die twee studente, die huiskomitee, die inwonende hoof en inwoners beleef het, maar meen die tugproses is reg hanteer.

Danie Rossouw, AfriForum Jeug se prokureur, het Maandag gesê dié stelling “kan nie verder van die waarheid wees nie” en die US se medelye met die meisies is mosterd ná die maal.

Hul eerste prioriteit is nou om vas te stel wie presies vir die “oorhaastige optrede” by die US betrokke was sodat die skuldiges aan die pen kan ry.

Indien die US nie ’n interne tugproses begin om dieselfde te doen nie, sal AfriForum Jeug namens die meisies ’n siviele skadevergoedingseis teen die betrokkenes indien.

“Die feit van die saak is hulle is ’n geweldige onreg aangedoen en hulle is getraumatiseer,” sê Rossouw.

“Die optrede teen hulle was totaal oorhaastig. Dit is asof daar ’n oormatige versigtigheid vir politieke korrektheid was. Dit is almal se studente, almal se universiteit en almal se taal. Die meisies voel verontreg.”

Rapport het die naweek berig dat dit veral die optrede van Mathew Smorenburg, verbonde aan die universiteit se sentrum vir studentestrukture en -gemeenskappe, wat die meisies te na gekom het.

Feel free to add your comment.

For a free directory entry go to:For your free directory entry.

Do you know this person? Add to this page.

Do you know anything more? Add to the page.

No comments:

Post a Comment

The designers of this site hereby absolve themselves of any liability of the content placed on this site by users. We will attempt to moderate but any oversights will be the responsibility of the various authors.